Local newsNews

Herman Bronkhorst van Standerton benodig nuwe rolstoel

Hospitaalbesoeke aan die Charlotte Maxeke Hospital in Johannesburg is noodsaaklik.

Herman Bronkhorst van Standerton is op vierjarige ouderdom met ‘Duchenne muscular dystrophy’ gediagnoseer, ’n genetiese kwaal wat gekenmerk word deur progressiewe spierdegenerasie en swakheid.

Herman wat 16 in Julie sal wees, word deur sy ouma Grace en oupa Willem Bronkhorst versorg.

Hospitaalbesoeke aan die Charlotte Maxeke Hospitaal in Johannesburg is noodsaaklik omdat Standerton Hospitaal nie toegerus is om kardiomonitering en neuro-muskulêre toetse te doen nie.

Seriti het in 2017 ’n elektroniese rystoel geskenk, maar sy toestand het sodanig versleg dat ’n nuwe, groter een benodig word.

“Dit is nie meer geskik vir sy lyfie nie,” het ouma Grace gesê.

“Hy ly ook tans aan osteoperose.”

Herman se rug pyn as hy te lank in die rolstoel sit en sedert 2020 kon geen hospitaalbesoeke gedoen word nie.

Enigeen wat ’n skenking wil maak, kan na https://www.backabuddy.co.za/herman-bronkhorst gaan.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button