Rowers teiken Delmas
Twee van die voertuie is reeds teruggevind en drie verdagtes is in hegtenis geneem.
Rowers het in die vroeë oggendure van Delmas ’n kriminele speelveld gemaak.
Die Nedbank OTM in die Willowbrook Square-winkelsentrum is vanoggend, Woensdag 23 Maart, tussen 01:00 en 03:00 goedmoeds oopgesny en ’n onbekende bedrag geld is gesteel.
Die rowers het toegang tot die winkelsentrum verkry en glo al die wagte vasgebind voor hulle die tellermasjien oopgesny het.

In dieselfde tyd het NTT Toyota ook onder kriminele deurgeloop.
Die alarm is buite werking gestel, verskeie kluise is oopgesny en rekenaars en tablette is gesteel.

Die rowers het verder met vier splinternuwe voertuie gevlug.
Twee van die voertuie is reeds teruggevind en drie verdagtes is in hegtenis geneem.
Inligting word tans opgevolg en die polisie hoop om binnekort verdere inhegtenisnames te maak.




