Local newsNews

Tambukistreet-vroue van Standerton hou konferensie

Tambukistreek het ’n algehele vyfde plek behaal.

VLU se Tambukistreek het onlangs hul mondigwording gevier.

Vroue het hierdie jaarlikse konferensie by Wetlands Game Lodge op Wakkerstroom bygewoon, waar Platrandlede opgetof was in camo-knoop-en-doop hemde, om by die safaritema te pas.

Hulle het ’n algehele vyfde plek behaal.

Die voorsitter, Carien Schabort, het ’n koek vir dié geleentheid gebak.

Haar foto, Pad na nêrens het ’n algehele eerste plek behaal, terwyl ’n tweede plek behaal is in die afdeling, blomme-gevorderd en ’n derde plek met ’n versierde blikkie.

Carien het ook ingeskryf vir die wit-op-swart skets, gebottelde blomkoolpiekelslaai en Nougat-lekkers.

Christel Viljoen, ’n nuwe lid, het twee eerste plekke behaal naamlik die wit-op-swart skets en die breiwerk met twee afdroogvadoeke.

Christel het ook aan die handborduurwerk deelgeneem en ’n spesiale prys ontvang vir ’n nuwe lid wat uitblink.

’n Geskenk is met ’n gelukkige trekking gewen.

Alna Kapp, Tambukistreek se voorsitter, het derde in die gevorderde blomme-afdeling en skryfkuns geëindig.

“Niemand het dit verwag nie,” het Carien gesê.

Alna het ingeskryf vir die versierde blikkie, foto, blomkoolpiekelslaai en Nougat-lekkers.

Lena du Plessis het derde in die blomme-middelbaar geëindig en ook ingeskryf vir die versierde blikkie, handvlyt se lappop en kwilt-appliekwasgoedpennetjievoorskoot.

Stephanie Schutte was die wenner met haar versierde blikkie en het ’n derde plek met haar wit-op-swart skets behaal.

Stephanie het ook ingeskryf vir die Nougat-lekkers, foto en die blomme-beginnersafdeling.

Chantelle Jooste was vierde in die blomme-middelbaarafdeling, terwyl Petro Jooste derde was in die blomme-beginnersafdeling.

Petro het ook deelgeneem aan twee hekelwerkafdelings naamlik selfoon/brilsakkie en drasak in dik draad.

Hannetjie du Preez het ’n derde plek in hekelwerk met haar selfoon/brilsakkie verower.

Rhode Devoldere, ook ‘n nuwe lid, het aan die fotokompetisie deelgeneem.

Enige vrou wat wil deel word van hierdie VLU-span, kan Carien Schabort by 083 928 2121 skakel.

Inligting: Verskaf en aangepas.

Twee voorsitters, Carien Schabort en Alna Kapp, by die mondigwording. (Foto: Verskaf)

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button