NewsSchools

Hoërskool Secunda se wintersport is kookwater

Meeste spanne wen hul wedstryde teen Ermelo,HTS John Vorster en Zwartkop.

 Hoërskool Secunda se se 0/16 seuns-hokkiespanne het op Woensdag, 9 Maart met Hoërskool Ermelo se juniorspan kragte gemeet en met 4-0 gewen.

Secunda se eerste seuns-hokkiespan het ook nie op hulle laat wag nie en op Saterdag, 12 Maart Hoërskool Ermelo se seniorsspan met 3-1 geklop.

Hoërskool Secunda se rugbyspanne het ook nie met hulle laat mors nie en net een van hul spanne het hul wedstryd teen HTS John Vorster, op Secunda se tuisveld op Saterdag, 12 Maart verloor.

Secunda se 0/16B-span se telling was 3-25.

Die ander rugbyspanne se wentellings was eerstespan (43-6), tweedespan (60-3), 0.16A-span (66-5), 0/15A-span (19-3), 0/15B-span (27-7), 0/14A-span (47-7) en die 0/14B-span (5-0).

Al Hoërskool Secunda se B-netbalspanne het hul wedstryde wat ook op 12 Maart op hul tuisveld teen HTS John Vorster se B-spanne plaasgevind het, gewen.

Secunda se tweede netbalspan het twee wedstryde gespeel teen HTS John Vorster se eerste- en tweede netbalspanne en albei dié wedstryde gewen met 21-4 teen HTS John Vorster se eerstespan en 31-2 teen HTS John Vorster se tweedespan.

Die ander netbalspanne se wentellings was 0/16B-span (29-1), 0/15B-span 19-6, 0/14B-span (26-1 en die 0/15C-span 11-9.

Terwyl Hoërskool Secunda se B-netbalspanne met HTS John Vorster afgereken het, het Secunda se A-netbalspanne na Hoërskool Zwartkop gereis op Saterdag, 12 Maart en ook meeste van hul wedstryde, behalwe twee, gewen.

Die 0/14A-netbalspan het gelykop gespeel teen Zwartkop se 0/14B-span met 12-12.

Die ander netbalspanne se wentellings was 0/19A-span (23-21), 0/17A-span (14-12), 0/16A-span wat teen Zwartkop se 0/16A-span gespeel het (25-14), 0/16A-span wat teen Zwartkop se 0/16B-span gespeel het (39-9) en die 0/14A-span (19-10).

Secunda se 0/15A-span het hul wedstryd teen Zwartkop se 0/15A-span verloor.

Andrikos Alexandrou van Hoërskool Secunda se 0/16 seuns-hokkiespan in aksie op die hokkieveld. (Foto: Ilana Scholtz)
DJ Loock van Hoërskool Secunda se eerstespan probeer doellyn toe beur vir ’n drie tydens hul wedstryd teen HTS John Vorster, op Secunda se tuisveld op Saterdag, 12 Maart. (Foto: Liesl Pretorius)
André de Lange van Hoërskool Secunda se eerstespan hardloop met die bal tydens hul wedstryd teen HTS John Vorster, op Secunda se tuisveld op Saterdag, 12 Maart. (Foto: Liesl Pretorius)
Ruben Strydom van Hoërskool Secunda se 0/16 seuns-hokkiespan baklei vir die bal op Woensdag, 9 Maart tydens hul wedstryd teen Hoërskool Ermelo (Foto: Ilana Scholtz)
Xander Herbst van Hoërskool Secunda se 0/16 seuns-hokkiespan hardloop vir die bal tydens hul wedstryd teen Hoërskool Ermelo (Foto: Ilana Scholtz)
Lie-Chaen Müller van Hoërskool Secunda se tweede rugbyspan duik oor die doellyn vir ’n drie tydens hul wedstryd op Saterdag, 12 Maart teen HTS John Vorster. (Foto: Liesl Pretorius)

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button