Hoërskool Oosterland het op Saterdag, 12 Maart, in die NWU-reeks met Hoërskool Delmas kragte gemeet en al Oosterland se rugbyspanne het gewen.
Die wentelings is eerstespan (44-22), tweedespan (24-17), 0/16-span (35-12), 0/15-span (52-12) en o/14-span (24-7).
Net Oosterland se 0/15-netbalspan het hul wedstryd gewen en die wentelling was 18-12 terwyl al die ander netbalspanne verloor het.
Die netbalspanne se tellings is eerstespan (22-23), tweedespan (5-14), 0/16-netbalspan (15-22) en die 0/14-netbalspan (15-25).
Oosterland se seuns hokkiespan het hul wedstryd gewen met 2-0 terwyl die dogters se eerste hokkiespan verloor het met 0-3.
Die 0/15-hokkiespan het ook hul wedstryd gewen met 4-2 terwyl die ander hokkiespanne verloor het.
Die hokkiespanne se telling is tweedespan (0-2), 0/16-hokkiespan (0-2) en die 0/14-hokkiespan (0-1).



