Dr. Leon Pelser neem beste foto by Hoëveld Fotografieklub op Secunda
Dokter Leon Pelser neem beste foto in voorgeskrewe onderwerpafdeling.
Fotograwe van die Hoëveld Fotografieklub het op Vrydagaand, 4 Maart bymekaar gekom en die voorgeskrewe onderwerp vir die maand was ‘Reptiele’.
Johan Drotsky was die beoordelaar en dr. Leon Pelser het die beste foto in die voorgeskrewe onderwerpafdeling geneem.
Hy het ’n sertifikaat van meriete vir dié foto, ‘Tangerine Milk Snake’ ontvang asook vir sy ander fotos, Jane1 in die tweekleurige foto-afdeling, Angry Black Mamba in die voorgeskrewe onderwerpafdeling en Sri Lankan Pit Viper in die natuurafdeling.
J
ohan Coetzee was die beste fotograaf onder die senior fotograwe en het ook ’n sertifikaat van meriete vir sy foto, Ball Control on a Gallop, in die tweekleurige foto-afdeling ontvang.
Coetzee het ook serfitikate van meriete vir sy fotos, Vuil Tone en Omgekrap, en Take Off, beide in die natuurvoëls-afdeling ontvang en Beach Landing Hold on Tight in die tweekleurige foto-afdeling.
Louis van der Walt was die beste onder die junior fotograwe en het ook ’n sertifikaat van meriete vir sy foto, Night Pods, in die landskapafdeling ontvang.
Hy het ook ’n sertifikate van meriete vir sy fotos, Crocalook, in die voorgeskrewe onderwerpafdeling, en Drowsy George in die tweekleurige foto-afdeling, ontvang.
Die ander fotograwe wat sertifikate van meriete ontvang het, is Lorraine Botha vir haar foto, The Metropolitan Theater in die landskapafdeling, Johan Viljoen vir sy foto, Cleaning, in die tweekleurige foto-afdeling, Danie Smit vir sy fotos, From Under the Staircase, en From the All Seeing Eye, albei in die tweekleurige foto-afdeling, James Harris vir sy fotos, Harde Lewe, in die tweekleurige foto-afdeling en In the Air, in die fotojoernalistieke afdeling, Sussa Pelser vir haar fotos, Skoonheid in die pikturale afdeling, Stroop op die Land in die fotojoernalistieke afdeling en Young Gecko in die voorgeskrewe onderwerpafdeling, Gerrit Myburgh vir sy foto, Buzz Off in die pikturale afdeling, Hanno de Beer vir sy fotos, The Race for Nr 1, en Winner of 100m, beide in die fotojoernalistieke afdeling en Piet Potgieter vir sy foto, Trap Suutjies in die voorgeskrewe onderwerpafdeling.
Die Hoëveld Fotografieklub se volgende byeenkoms is op Vrydag 8 April, om 18:00 vir 18:30 by die Scrum In by die Sasol Ontspanningsklub.
Belangstellendes is welkom om dié byeenkoms by te woon.
Vir meer inligting, skakel De Beer by 071 365 6440.







