Local newsNews

Bethal-egpaar samel droë bestanddele in vir sopprojek

Raak betrokke en gee terug aan gemeenskap.

Die Winter Sopprojek skop weer binnekort af en inwoners kan hul harte oopmaak en bestanddele vir sop skenk.

Dié projek duur vanaf April tot einde Junie.

Hennie en Michelle Rademeyer wat dit jaarliks aanbied, het gesê dit is vanjaar die negende jaar.

Hulle beplan om elke Saterdag die sopbestandele uit te gee wat behoeftiges dan kan gaan haal om by hul huise te gaan kook.

Die Rademeyers gaan ook sop maak en uitdeel vir mense wat nie self kan sop maak nie.

Die bestanddele wat die Rademeyers bymekaarmaak,is groente, bone, soppoeier, pasta, soja-maalvleis, sopvleis, hoender of enige iets wat ’n mens in sop kan gebruik.

As jy hulp nodig het, weet van iemand wat behoeftig is of by dié projek betrokke wil raak, skakel Michelle by 060 491 7038 of Hennie by 076 531 3587.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button