CrimeNewsStreeknuus

Gekaapte voertuig op Delmas gevind

Lede van die Delmas Polisie het spoedig reageer en die gekaapte bakkie by die Tutuni-vulstasie aan die R50 opgemerk.

Twee verdagtes is in hegtenis geneem na hulle in besit van ’n moontlik gesteelde voertuig betrap is.

Die twee verdagtes, 37 en 39 jaar oud, sou op 1 April in die Delmas Streekhof verskyn.

Die polisie op Delmas is op Donderdag, 31 Maart deur ’n satellietopsporingsmaatskappy, Retrack, daarvan in kennis gestel dat ’n gesteelde voertuig in die rigting van Delmas beweeg het.

Die dubbelkajuit Izusu-bakkie met ’n KwaZulu-Natal registrasienommer is vroeër in Nigel gekaap.

Volgens die polisie se provinsiale kommissaris in Mpumalanga, luit.-gen. Semakaleng Manamela, het lede van die Delmas Polisie spoedig reageer en is die bakkie by die Tutuni-vulstasie aan die R50 opgemerk.

Die twee verdagtes is deur die polisie aangekeer en daar is verder ook op die bakkie beslaggelê.

Volgens die generaal word die moontlikheid dat die twee verdagtes by ander misdade betrokke kan wees, nie uitgesluit nie en sal ondersoek ingestel word.

Gen. Manamela het intussen die spoedige en wakker optrede van die Delmas Polisie, wat tot die inhegtenisname van die twee verdagtes gelei het, verwelkom.

“Ons koester die vennootskap in die bekamping van misdaad wat tussen satellietopsporingsmaatskappye en ander vennote bestaan.

“Die gesamentlike benadering daartoe het altyd positiewe resultate tot gevolg,” het gen. Manamela gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button