Local newsNews

Boere en Britte kuier weer saam op Val

Kameraderie wat tussen die soldate ontstaan het, het vir ’n kort rukkie die oorlogsgeweld afgeweer.

’n Ou gunsteling, die Boer en Brit-dag, het op Saterdag 2 April op Val plaasgevind.

Besoekers het in tradisionele Boere- en Kakiedrag opgedaag en kon by die verskeie stalletjies aandoen vir iets te ete en te drinke.

Die Anglo-Boereoorlog van 1899 tot 1902 is die agtergrond tot die geleentheid.

Die nabootsing van die whisky-trein-voorval, waar alkohol tussen die Boere en Britte gedeel is, het ook plaasgevind.

Volgens die verhaal, het die Boeresoldate ’n trein, gelaai met uitsoekalkohol en sjokolade, gestop.

Kameraderie wat tussen die soldate ontstaan het, het vir ’n kort rukkie die oorlogsgeweld afgeweer.

Rita Britz, eienaar van die Val Hotel, was vir die 11de agtereenvolgende jaar by die reëlings betrokke.

Bekendes uit die militêre wêreld was ook teenwoordig, soos Brigadier-Kolonel Gerhard Kamffer, wat ’n lesing in die museum oor die destydse posstelsel aangebied het.

David Scholtz, voorsitter van die Military History Society, het ook sy opwagting gemaak.

Of jy nou by die Moeggeploeg- of koffiekroeg aangedoen het, of kaas, roosterkoek of Boerekos geëet het, daar was te kies en te keur.

Die dag het in goeie gees verloop en teen 13:30, toe die reën uitsak, het meeste feesgangers aanstaltes gemaak.

Inligting en foto’s: Helen Ellis

Rita Britz (Val Hotel) uitgedos op 2 April in tradisonele drag. (Foto: Helen Ellis)
Dié stalletjie op Val is volgepak met allerlei lekkernye. (Foto: Helen Ellis)
Feesgangers in die hoofstraat van Val neem deel aan die geleentheid. (Foto: Verskaf)
Berede feesgangers op 2 April op Val. (Foto: Verskaf)
Die Kakies op 2 April op Val se Boer en Brit-dag. (Foto: Helen Ellis)
Kinders kry die geleentheid om perd te ry by die Boer en Brit-dag op Val. (Foto: Helen Ellis)
Selfs die sambreel is in plek vir hierdie boerevrou op die stoep. (Foto: Helen Ellis)

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button