Local newsNews

Brandbeskermingsvereniging op Standerton hou algemene jaarvergadering

“Die vereniging funksioneer nie as ’n brandweerstasie nie,” het Kotzé bygevoeg.

Lekwa Brandbeskermingsvereniging en Standerton Landbouforum het op Woensdag 6 April by ’n gastehuis hul algemene jaarvergadering gehou.

Die opkoms was goed en die vergadering is deur Lappies Labuschagne gelei.

Labuschagne se voorsittersverslag en Louis Kotzé se bestuursverslag is voorgelees en is in die dokumente, soos versprei, aangeheg.

Kotzé het genoem dat slegs 22 brande aangemeld is in die boekjaar, wat op 35% neerkom.

“Die vereniging funksioneer nie as ’n brandweerstasie nie,” het hy bygevoeg.

“Ons is ’n reaksie-eenheid wat keer dat brande versprei.”

Met verwysing na John Kock, hoof van Standerton Brandweer, se skorsing en die stand van sake, het hy aangedui dat ’n plan beraam word om ’n oplossing te vind.

Sake op die agenda is doelmatig afgehandel en die bestuur, soos verkies op 24 Maart verlede jaar, is onbestrede herverkies.

Die voorsitter is Labuschagne, ondervoorsitter Kotzé, sekretaresse Karen van Wyk en Jannie Kasselman, Lukas van der Mewe, Dewald Nortjé, Frans Vermaak, Wikus Fourie en Corné Stoltz is addisionele lede.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button