NewsSchools

Gaste ontspan by Hoërskool Standerton se wynproe

Dié wat die geleentheid bygewoon het, het die kans benut om formeel aan te trek en ’n vrolike atmosfeer was merkbaar.

Hoërskool Standerton het op Donderdag, 7 April om 18:00 ’n spoggeleentheid aangebied wat met wynproeëry en ’n ete, asook musiek, gepaardgegaan het.

Gaste is by die deur van die sportsaal deur die koshuishoofseun Corné Louwrens en koshuishoofdogter Nadia Cronjé ingewag wat ook die Bybelvoorlesing en gebed behartig het.

Die saal en tafels se versiering was in die hande van ’n span vroue bestaande uit Sonja Roux, Marné Cronjé, Esté Riekert en Marelize Pretorius.

Plaaslike ondernemings is betrek om die tafels op te tooi.

Erika Russel, die koshuis se sjef, het vir die ete gesorg.

Gaste het die kans benut om formeel aan te trek en ’n vrolike atmosfeer was merkbaar.

Die skool het ’n nuwe geldinsamelingsprojek van stapel gestuur om ’n wynreeks bekend te stel en te verkoop aan ouers en die gemeenskap.

Errol van der Merwe was die aanbieder.

Die wyn wat op die aand gedrink en opgeveil is, kan nou kwartaalliks by die skool bestel word deur die skool se webtuiste.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button