Sonop-studente op fietse deur die dorp
Hoërskool Standerton sou gasheer vir die studente speel.
Altesaam 38 studente van Sonop Christelike Tehuis by die Universiteit van Pretoria het op Dinsdag 12 April met die Sonop Drommedaris Fietstoer vertrek waar sowat 660km afgelê word om geld namens ’n kinderfonds in te samel.
Die afstand van die eerste dag na Heidelberg is 92,7km, Heidelberg na Standerton op 13 April 108km, Standerton na Volksrust op 14 April 84,8km, Volksrust na Vryheid op 15 April 141km, Vryheid na Nongoma op 16 April 109km en Nongoma na St. Lucia 123km.
Hoërskool Standerton sou gasheer vir die studente speel.
Studente is ook van voorneme om te blikskud en ’n snapscan-kode sal byderhand wees vir mense wat so wil skenk.
Dit het ’n Sonop-tradisie geword om elke tweede jaar ’n fietstoer vir liefdadigheid te reël.
Die vorige toer na Ballito het in 2019 plaasgevind.
Daar is ook ‘n tandemfiets genaamd die ‘Drom-fiets’ wat elke kilometer van die toer moet ry.
Enigeen wat die fietsryers gaan misloop, is welkom om ’n bydrae te maak.
Die bankbesonderhede is Beeld-Kinderfonds, Absa, rekeningnommer 2840157329, takkode 632005 en verwysing ’n selfoonnommer, naam en van.



