NewsSchoolsStreeknuus

Dellies-naelloper presteer by Suid-Afrikaanse Atletiekkampioenskap

Emke Pretorius het tydens die Mpumalanga Kamioenskap ’n tweede plek in beide die 100m en 200m vir dogters 0/17 behaal.

Emke Pretorius, ’n graad 10-leerder aan Hoërskool Delmas het sover uitstekend tydens vanjaar se atletiekseisoen gevaar.

Emke het vir die Mpumalanga Kampioenskappe gekwalifiseer. Tydens dié kampioenskappe wat op Saterdag, 5 Maart in Secunda plaasgevind het, het

Emke ’n tweede plek in beide die 100m en 200m vir dogters 0/17 behaal.

Die prestasie het daarvoor gesorg dat Emke gekwalifiseer het om aan die Suid-Afrikaanse Atletiekkampioenskappe (ASA) deel te neem.

ASA het tussen 30 Maart en 2 April in Potchefstroom plaasgevind.

Ook hier het Emke Dellies se naam hoog gehou. Die 15-jarige Emke het haar pad tot in die halfeindronde oopgenael en ’n algehele 14de plek in die 200m vir dogters 0/18 behaal.

Tydens die Mpumalanga Kampioenskappe in Secunda het Emke boonop vir die 4 x 100m sowel as die 4 x 200m aflosresies gekwalifiseer. Die aflos vind

later in die maand in Sasolburg plaas.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button