Hoërskool Delmas se eerstes neem aan Danie Rossouw Rugbytoernooi deel
Dellies het op Vrydag, 18 Maart met ’n reuse oorwinning uit die stryd getree.
Gedurende Maart het die eerste rugbyspan van Hoërskool Delmas na Witrivier getoer as deel van die Danie Rossouw Rugbytoernooi.
Die toerwedstryde het by Hoërskool Rob Ferreira in Witrivier plaasgevind.
Dellies het op Vrydag, 18 Maart met ’n reuse oorwinning uit die stryd getree. Hulle het Hoërskool Bergvlam met 61 punte teenoor nul te klop.
Ander wedstryde wat gespeel was, was teen Hoërskool Rob Ferreira op Sondag, 20 Maart. Die span van Dellies verloor met 10 punte teenoor die 14 van Rob Ferreira.
In nog ’n wedstryd, gespeel op Maandag, 21 Maart, verloor Dellies met 19 punte teenoor die 20 van Hoërskool Frans du Toit.
Die skoolhoof, Cas Badenhorst, wens Dyllan Redelinghuys baie geluk. Dyllan is gekies vir die toerspan wat in Oktober in Spanje gaan deelneem. Hy was ook as die man van die wedstryd gekroon na afloop van die wedstryd teen Hoërskool Bergvlam.
Tydens die toer het Peter Mnguni ook ’n kliniek vir van die ander spanne aangebied.
Badenhorst bedank ook die borge, naamlik Motomaniacs, NTT Delmas, Afgri Animal Feeds, Daisy, Franamar, Truter Boerdery en Riaan Grobbelaar wat vanjaar se toer moontlik gemaak het.
Die eerste span het self op Vrydag, 11 Maart gaan blikskud by die Willowbrooke Square Winkelsentrum in Delmas om geld vir die toer in te samel.
“Dankie aan elkeen wat ’n donasie gegee het.”



