Hoërskool Delmas bring hulde aan ’n ikoon
Annalie was ’n uitstekende kenner van haar vakgebied - niologie, deesdae bekend as lewenswetenskap. Sy het die onwilliges met ’n paplepel tot vernude insigte kon bring.
Annalie Venter was ’n onderwyseres wat besonderse diep spore in die Delmas gemeenskap getrap het.
Sy het al in Januarie 1978 die drempel van Dellies betree.
In haar onderwystas het sy nie net haar kennis en leermateriaal saamgebring nie, maar ook ’n wavrag menswees wat sy mildelik uitgedeel het.
Dié kort vroutjie het geensins tekort geskiet aan dinamiek, werksetiek en geloof nie.
So bring ’n oudkollega, Felix Treurnich, hulde aan Annelie: “Ek onthou haar as vlymskerp met ’n sterk karakter en goeie organisasievermoë. Sy het vaste besluite geneem en was ’n inspirasie en voorbeeld vir elkeen wat haar pad gekruis het.”
“Annalie was ’n uitstekende kenner van haar vakgebied – biologie, deesdae bekend as lewenswetenskap.
“Sy het die onwilliges met ’n paplepel tot vernude insigte kon bring.
“Ek onthou die tye toe ons die skoolrooster vir die nuwe jaar moes uitpak. Sy het uitdagende probleme die hoof gebied met praktiese oplossings.”
“Annalie was ’n omgee-mens wat aan die Here behoort het. Dit was sprekend van haar bydrae in die skool-, kerk- en sosiale gemeenskap.”
“Annalie het haar leë onderwystas vir die laaste keer in 2013 oor die drempel van Hoërskool Delmas gedra. Die inhoud van daardie tas het sy vir ons as erfenis gelaat.
“Liefste Annalie, ons groet jou; ons oudkollega en vriendin saam met elke oud-leerder en ouer, met dié slotreël van Dellies se skoollied: ‘en ons sing, want die lewe is mooi.’



