Local newsLocal sportNewsSport
Sasol Digi Mag klop Newcastle ver
Toeskouers geniet kookwater rugby op Secunda.

Sasol Digi Mag se eerste rugbyspan het op Saterdag, 11 Junie met Newcastle kragte gemeet en met 59-21 gewen.
Die eerstespan se puntemakers wat drieë gedruk het, is Anwar Fillis, Dalton Smit, Michael van Vuuren, Marinus van der Merwe, Brandon Potgieter en Dirk Coetzer.
Coetzer het sewe van die nege drieë wat Sasol Digi Mag gedruk het, verdoel.
Sasol Digi Mag se tweedespan het ook nie teleurgestel nie en hul wedstryd teen Newcastle met 87-13 gewen.
Sasol Digi Mag se rugbyspanne draf op Saterdag, 25 Junie teen Witbank uit op Witbank en op Saterdag, 9 Julie speel hulle tuis in die halfeindronde.



At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



