Laerskool Delmas se breëbors Valkies ontvang erkenning
Die kaalvoet Valkie-rugbyspelers van Laerskool Delmas het elk ’n sertifikaat en trofee ontvang. As deel van die Valkie-rugbyseisoen se afsluiting, het die 0/7- en 0/8-spanne se spelers en hul ouers op Saterdag, 11 Junie by die Rome Saal by Laerskool Delmas bymekaargekom. Met die hulp van ouers en borge vanuit die gemeenskap, kon daar aan
Die kaalvoet Valkie-rugbyspelers van Laerskool Delmas het elk ’n sertifikaat en trofee ontvang.
As deel van die Valkie-rugbyseisoen se afsluiting, het die 0/7- en 0/8-spanne se spelers en hul ouers op Saterdag, 11 Junie by die Rome Saal by Laerskool Delmas bymekaargekom.
Met die hulp van ouers en borge vanuit die gemeenskap, kon daar aan elke speler ’n trofee en ’n sertifikaat oorhandig word.
Die jong opkomende rugbyspelers van formaat het met breëbors trots hul sertifikate en trofees met ’n stewige handdruk van hul afrigters, Jaco Swanepoel, Ulrich Venter en Adriaan van Wyk ontvang.
Afrigter, Jaco Swanepoel het elkeen bedank wat hul tyd opgeoffer het om van die seisoen ’n sukses te maak.
Die twee spanne speel, wat bekend staan as TAG-rugby. Die TAG-rugbyspelertjies het Velcro-bande om hul lywe waaraan linte aan weerskante aan hul sye geheg word. Aangesien volle kontak nog nie die kleintjies beskore is nie, pluk spelers hul teenstanders se linte af in plaas daarvan om hulle te duik. Dit voorkom onnodige blootstelling aan beserings.
“Ons sien uit na die volgende seisoen en om voort te kan gaan met die bou van jong Springbokke,” het Swanepoel gesê.









