CrimeNewsStreeknuus

Delmas Polisie vind gekaapte diesel-tenkwa terug

’n Voorlopige ondersoek dui daarop dat die Mosambiekse verdagte moontlik ook met ander voorvalle van diefstal van diesel en -tenkwaens verbind sou kon word.

’n Diesel-tenkwa wat glo by Sonkizizwe naby Bronkhorstspruit gekaap is, is teruggevind en ’n verdagte is in hegtenis geneem.

Volgens kapt. Carla Hartley, mediawoordvoerder van die Delmas Polisie, is die Delmas-tak gekontak omtrent ’n gekaapte tenkwa wat op die N12-hoofweg beweeg het.

Lede van die Spring Polisie en die Ekurhuleni Metropolisie (EMPD) het aan die soektog na die gekaapte voertuig op Woensdagoggend, 15 Junie deelgeneem.

Goeie samewerking tussen die polsie en ’n satellietopsporingsmaatskappy het daartoe gelei dat die tenkwa op die N12-hoogweg digby die R42, Bronkhorstspruit / Delmas-afrit van die pad afgetrek is.

Slegs een insittende, die bestuurder, is in die diesel-tenkwa gevind.

Die man, ’n Mosambiekse burger (40), is op die toneel in hegtenis geneem omdat hy moontlik verbind kan word met die kaping van die tenkwa vroeër die dag op Bronkhorstspruit.

Die man sou op Vrydag, 17 Junie in die Delmas Distrikshof verskyn het op ’n aanklagte van die besit van ’n moontlik gesteelde diesel-tenkwa.

’n Voorlopige ondersoek dui daarop dat die Mosambiekse verdagte moontlik ook met ander voorvalle van diefstal van diesel en -tenkwaens verbind sou kon word.

Die kommissaris van polisie in Mpumalanga, luit.-gen. Semakaleng Daphney Manamela, het die polisie geloof vir uitstekende samewerking wat daartoe gelei het dat nog ’n suksesvolle inhegtenisname gemaak kon word en die gekaapte tenkwa teruggevind is.

Die gekaapte diesel-tenkwa wat op die N12-hoofweg naby Delmas teruggevind is. Foto: Verskaf

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button