News

Bethal AfriForum en sakelui neem hande om slaggate reg te maak

Belangstellendes is welkom om dié projek te ondersteun.

AfriForum het onlangs hande geneem met sakemanne op Bethal en slaggate in verskeie strate reggemaak.

Ingrid Human, voorsitter van AfriForum se Bethal-tak, het gesê AfriForum en dié sakelui gebruik nou ’n ander metode om die slaggate te vul.

Hulle gebruik ’n nuwe mengsel van sement, as en klippies wat baie sterk is.

Human het gesê die arbeiders meng die sement in ’n menger langs die slaggat.

Vragmotors, mengers en trekkers is deur plaaslike sakelui beskikbaar gestel om te help om die slaggate te herstel.

AfriForum en dié ondernemings is ook van skenkings afhanklik om dié projek te laat voortduur.

Die groep fokus die afgelope vier maande net op sekere paaie op Bethal wat merendeels die woongebiede insluit.

“Die sement en die arbeiders is duur, ons kan dus nie elke straat se slaggate vul nie of die slaggate voor elke persoon se huis nie,” het Human gesê.

Die strate waar dié groep gewerk het, sluit in Malherbe, -Wicht, -Vermooten, -Buffel, -Blesbok, -en Gemsbokstrate.

Hulle het ook Du Plooystraat, waar die SAVF Silwerjare Ouetehuis is, reggemaak.

Human het in die besonder die boere, asook elke individu en onderneming in die gemeenskap wat die projek ondersteun en

Drikus Swanepoel, wat daagliks help om die slaggate te herstel, bedank.

Belangstellendes wat dié inisiatief van AfriForum en sakelui op Bethal wil ondersteun, kan Ingrid Human skakel by 082 923 0211.

AfriForum en sakelui het die afgelope paar maande verskeie slaggate op Bethal herstel. Foto: Verskaf

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button