Lihan Swart en Jayden Pretorius van Standerton het naam gemaak nadat hulle van 4 tot 8 Julie die Nasionale Bokkieweek op Kroonstad bygewoon het.
Lihan is vir die 0/13-rugbyspan gekies en Jayden vir die 0/14-rugbyspan.
Lihan draf uit op slot vir die SA Steenbokkies en Jayden is die binnesenter van die SA Duikers.
Altesaam 16 streke se spelers het vir ’n plek in die nasionale span meegeding.
Die seuns se rugbyvernuf is verlede Saterdag op die proef by die nasionale kampioenskap in Meyerton gestel.
Die Steenbokkies het die knie 12-15 moes buig en die Duikers het hul wedstryd 60-0 gewen.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



