NewsSchoolsStreeknuus

Laerskool Delmas is algeheel tweede in RMS-hokkiereeks

Laerskool Delmas het daarin geslaag om in elke ouderdomsgroep onder die eerste drie te eindig.

Tydens vanjaar se RMS Laerskool-hokkie het Laerskool Delmas se hokkie-bokkies hul uitstekend van hul taak gekwyt en in die algehele tweede plek geëindig.

Daar het vanjaar sewe laerskole in totaal deelgeneem.

Deelnemende skole was Laerskool Northmead van Benoni, Laerskool Edleen en Laerskool Birchleigh, beide van Kemptonpark, Laerskool Protearif van Krugersdorp, Laerskool Olienpark vanaf Brits, Laerskool

Bakenkop vanaf Centurion en Laerskool Delmas.

Die reeks het vanaf Vrydag, 15 Julie tot Saterdag, 16 Julie op die hokkievelde van Hoërskool Delmas plaasgevind.

Spanne wat deelgeneem het, was die 0/10’s, die 0/11’s, die 0/12’s en 0/13-spanne.

Laerskool Delmas het daarin geslaag om in elke ouderdomsgroep onder die eerste drie te eindig.

In die 0/10’s se wedstryd het Northmead die eerste plek behaal, met Delmas tweede en Protearif derde.

In die 0/11-stryd het Northmead ook eerste geëindig, met Protearif tweede en Delmas derde.

Tydens die 0/12’s se wedstryde, het Northmead weer eerste geëindig, Delmas tweede en Bakenkop derde.

Tydens die 0/13’s se wedstryde was Northmead steeds die wenners, Delmas tweede en Protearif derde.

Dit het vir Laerskool Delmas ’n algehele tweede plek tydens die naweek se RMS-hokkiereeks vir laerskole besorg.

Die hoof, Johan de Beer, het namens die beheerliggaam van Laerskool Delmas, die ouers en leerders van die deelnemende skole bedank.

Delmas se hokkie-bokkies in aksie tydens die RMS-reeks.
Chrismie Redelinghuys laat loop met die bal.
Amori Scott neem beheer van die bal tydens die RMS-hokkiereeks.
Hier dryf Nosiseko Phantsi van Delmas die bal.
Hayley Kaggelhoffer speel hard vir Delmas se 0/13-span.
Hier dryf Ntombi Khumalo die bal.
Hokkie-aksie tydens die pas afgelope RMS-hokkiereeks.
Clara Keevy in aksie op die hokkieveld.
Hier verdedig Zanelle van der Walt en Chrismie Redelinghuys (regs) kliphard teen die opposisie-span.
Hier is Jessica Louw vir Delmas se 0/13-span in aksie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button