Kobie Coetzee seëvier in A-afdeling op Standerton
Innocent Dhladhla het in die B-afdeling geseëvier met ’n netto van 68, gevolg deur Aldo Arnaldi en Kirstin Nortjé, albei met 71.
Louis Bibbey en Wessel van der Merwe het die septer geswaai tydens die Woensdag-kragmeting op 7 September.
Bibbey het by die nege-putjie-wedywering 22 punte aangeteken, terwyl Van der Merwe se 43 punte met die 18-putjies klaargespeel het.
Deon Grimsell was tweede na Bibbey met 19 punte, gevolg deur Pieter Bester met 16.
Freddie Welmans en Aldo Arnaldi het albei 15 aangeteken en sowel Donnie Taljaard, as Johan van Niekerk, het 9 op die telkaart ingevul.
By die tweede wedywering het Herman Mynhardt 39 punte behaal, gevolg deur Stephen Nortjé met 37.
Francois Cronjé, Louis Gravitt, Gerhard Brits en Ronald Kinnear het elk 35 behaal, terwyl Nico Lombard met 34 geëindig het.
Theuns Adendorff het op 33 te staan gekom en Gert du Preez op 32.
Nortjé en Kinnear het albei ’n spog-twee behaal.
Kobie Coetzee was op Saterdag 3 September onoorwonne by die maandelikse beker nadat hy die A-afdeling met ’n netto van 63 beklink het.
Hy het ook ’n spog-twee behaal.
Altesaam 23 spelers het by die Standerton Buiteklub meegeding.
Joré Nortjé het met 73 geëindig, gevolg deur Rowan Brink met 75 en Stephen Nortjé met 76.
Sowel Carel Myburg as Kinnear, het 78 op die telkaart ingevul, terwyl ’n besoeker en Adendorff albei 81 aangeteken het.
Innocent Dhladhla het in die B-afdeling geseëvier met ’n netto van 68, gevolg deur Arnaldi en Kirstin Nortjé, albei met 71.
Sowel Johan Griesel as Grimsell het 72 behaal, terwyl Johan Brink 75 en Mynhardt 78 behaal het.
Willie Griesel het 81 en Wikus du Preez 83 aangeteken.
Kirstin Nortjé en Johan Griesel het albei ’n spog-twee behaal.
Van der Merwe het die C-afdeling sy eie gemaak met ’n puntetelling van 38, gevolg deur Mark Nortjé met 34 en Jacques Scholtz met 31.
Alida Griesel het 29 aangeteken, met Phillip du Preez op 26 en Mark Vienings op 24.
Adendorff het korte mette van die Sundowner-kompetisie op 2 September gemaak, deur ’n netto van 37 aan te teken.
Hy het ook ’n spog-twee behaal.
Stephen Nortjé het tweede met 39 geëindig, gevolg deur Vienings met 40 en JC Schambriel met 42.




