NewsSport

Tennisspelers ding mee op Secunda

Laerskool Secunda reël toernooi.

SECUNDA – Jong tennisspelers vanaf gr. 3 tot gr. 7 het op Vrydag, 9 September van verskeie skole het die kans gekry om teen mekaar kragte te meet.

Laerskool Secunda het dié tennistoernooi, wat by die Sasol Ontspanningsklub plaasgevind het, gereël.

Een van die organiseerders het gesê dat dit gewoonlik net die top vier dogters- en seunsspelers van elke skool is wat die geleentheid kry om aan wedstryde en toernooie deel te neem en hulle het besluit dié toernooi kan die kans aan die ander spelers ook bied om meer blootstelling op die tennisbaan te kry.

Net meer as 50 tennisspelers van ses skole in die omgewing het aan die toernooi deelgeneem en dubbels gespeel.

Laerskool Secunda beplan om dié toernooi ’n jaarlikse instelling te maak.


At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button