NewsSport

Lekker Sosiale Hengelklub van Secunda beloon beste hengelaars

Die klublede het vanjaar gesamentlik 1 476 vis van 1 241,6kg (meer as ’n ton) gevang.

TRICHARDT– Die Lekker Sosiale Hengelklub het op Saterdag, 17 September hul jaarlikse prysuitdeling by Dara Gastehuis gehou en die beste hengelaars vir die seisoen aangewys.

Innes van Coller is vanjaar se klubkampioen. Hy het die meeste punte (368,02) vir die jaar aangeteken.
Fonnie Botha is tweede met 285,24 punte en Neels Nel derde met 276,3 punte.

Van Coller het ook die wisseltrofees onder die seniors opgeraap vir die meeste vis per kompetisie (79) en die grootste baars (bass) (0.183).

Fonnie Botha het met 59 vis tweede geëindig in die afdeling vir seniors met die meeste vis per kompetisie, en Renier Marx was derde met 46 vis.

Botha het die wisseltrofee vir die senior met die swaarste sak per kompetisie verower. Sy sak het 80,75kg geweeg.
Van Coller was tweede met ’n sak van 53,96kg en Coert Jacobs was derde met ’n sak van 46,44kg.

Danie Prinsloo het skoonskip onder die meesters gemaak. Hy het die trofees vir die swaarste sak per kompetisie (55,35kg) en vir die meeste vis (45 vis) verower.

Prinsloo het ook die grootste baber onder die meesters en seniors gevang. Die vis het 6,28kg geweeg.

Neels Nel het tweede geëindig in die meestersafdeling vir swaarste sak (39,74) en Ralf Hullermeier was derde met ’n sak van 7,39kg.

Nel was ook tweede onder meesters wat die meeste vis per kompetisie gevang het. Hy het 44 vis vasgekap.
Hullermeier het met ses vis derde in dié afdeling geplaas.

Nel het ook die wisseltrofee vir die grootste moddervis (775g) onder die seniors en meesters ontvang.
In dié afdeling is JP Janse van Rensburg tweede (615g) en Christian Watermeyer derde (590g).

Watermeyer het die grootste geelvis (1,35kg) onder die seniors en meesters uitgetrek, met Riaan Swart in die tweede plek (1,325kg) en Coert Jacobs in die derde plek (765g).

Jacobs het die tweede grootste baber onder die seniors en meesters vasgekap. Die vis het 6,23kg geweeg.
Niel de Lange was derde met ’n baber van 4,79kg.

Charl Boosen het met ’n karp van 8,88kg, die trofee vir grootste karp onder die seniors en meesters verseker.

Chris Blignaut was tweede met ’n karp van 6,7kg en Jacques Lombard derde met ’n karp van 4,65kg.

Onder die vroue het Lucille van Zyl die swaarste karp (1,68kg) uitgetrek, met Maraloe Swarts in die tweede plek (230g).

Liam Swarts het al die trofeë onder die juniors ingepalm, naamlik die grootste baars (185g), die grootste baber (635g) en die grootste karp (150g).

Riaan Swarts is aangewys as die hengelaar wat die meeste vordering getoon het. Die klublede het vanjaar gesamentlik 1 476 vis van 1 241,6kg (meer as ’n ton) gevang.

Die Lekker Sosiale Hengelklub het Saterdagaand vir Van Coller as voorsitter gegroet en ’n nuwe komitee is verkies.
Adri Engels is die nuwe voorsitter, Christian Watermeyer die ondervoorsitter, Maraloe Swarts is die tessourier en Hendrina Jerling die sekretaris.

Die nuwe inweegbeamptes is Gerhard Smit, Johan van Zyl, Riaan Swarts en JP Janse van Rensburg.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button