Local sportNews

Erfenisdag-gholf ten bate van Delmas Gholfklub lok vele

Die span van Eugene Gregory en Zandré Vijoen het met die eerste plek weggestap.

Die Delmas Gholklub het die beste van sport en braaivleis gemaak deur ’n gholfdag op Erfenisdag aan te bied.

Altesame 60 spelers het dit op Saterdag, 24 September van bof tot bof uitgespook. Die gholfdag is deur JD Hydraulics en Nyari Carriers aangebied om geld vir die klub in te samel.

Die eerste span het om 10:00 afgeslaan en dit was van vroeg af reeds duidelik dat die kompetisie sterk is.


LEES OOK: Delmas-gemeenskap bring Ego Eimi op planke


Agter die kole het CJ du Plessis hard gewerk om die honger spelers se mae vol te hou en na die negende putjie het die spelers aan voetlange worsbroodjies gesmul.

Daar was weer eens verskeie pryse op die spel met die grote, R100 000 vir ’n kolskoot op die negende putjie.

Die was egter nie een van die spelers beskore nie.


LEES OOK: 79 participants ready to go for exercise at the Standerton Parkrun


Die spanne het verbete meegeding en teen die einde het die span van Eugene Gregory en Zandré Vijoen met die eerste plek weggestap.

André Brooks en Marinus Venter se span was tweede en Daniel Struwig en Johan Delport se span derde.

Ná die prysuitdeling is die spelers, Erfenisdag-styl met braaivleis en heerlike bykosse bederf. Die verskeie borge is vir hulle bydrae om van die dag so ’n sukses te maak, bedank.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button