Local sportNews

Deon Grimsell wen gholfkompetisie op Standerton

Gholfspelers meet kragte.

Standerton se ligaspan het die afgelope naweek teen die spanne van Walker Park en Volksrust by Walker Park Gholfklub op Evander kragte gemeet.

Die Standertonners het vir Walker Park met 1.5/6.5 geklop maar moes die knie voor Volksrust buig toe hulle met 3.5/4.5 teen die donkerbloues verloor het.

Terwyl dié manne op Evander gespeel het, het ’n handjie vol spelers steeds hul gereelde Saterdag-gholfsessie ingewerk.Deon Grimsell is die wenner van die 9 putjie-kompetisie wat op Woensdag, 19 Oktober by die Standerton Buiteklub plaasgevind het.

Dié kompetisie is in IPS-formaat aangebied en Grimsell het 19 punte aangeteken in IPS-formaat en 38 bruto punte.

Lourie Nel het tweede geëindig met 17 punte in IPS-formaat en 42 bruto punte terwyl Ben Steyn derde geëindig het met 10 punte in IPS-formaat en 51 bruto punte.

Ronél Starbuck is die wenner in die 18 putjie-afdeling met 43 punte in IPS-formaat en 90 bruto punte terwyl Gerrit Coetzee tweede geëindig het met 42 punte in IPS-formaat en 70 bruto punte en Wessel van der Merwe derde met 41 punte in IPS-formaat en 83 bruto punte.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button