SAVF-gholfdag op Standerton lok ’n baan vol spelers
Aldo Arnaldi, Francois Cronje, Nico Lombaard en Patrizia Lombaard is die wenspan.
Die span van Aldo Arnaldi, Francois Cronjé, Nico Lombard en Patrizia Lombard het die SAVF-gholfdag wat Saterdag, 29 Oktober by die Standerton Buiteklub beslis is, gewen.
Dié dag het ’n groot aantal spelers gelok en is gehou om geld vir dié welsynsorganisasie in te samel.
Verskeie juniors het ook aan die kompetisie, wat ’n American scramble-formaat aangeneem het, deelgeneem.
Die naaswenners was Gert du Preez, Ronald Kinnear, RJ Kinnear en Deon Grimsell.
Die span van Clifford van Vuren, Jabbies Lotz, Johan Griesel en Hennie Swanepoel was derde.
Tydens die Woensdagkragmeting van 26 Oktober, het Grimsell en Riaan Starbuck onderskeidelik die nege-putjie- en 18-putjie-wedywering beklink.
Grimsell se 20 punte in die IPS-formaat is gevolg deur Johan Griesel met 19 en Attie Mouton met 18.
Pieter Bester en Donnie Taljaard het albei 16 op die telkaart ingevul, terwyl Willie Griesel 15 aangeteken het. Ben Steyn het 14 punte behaal, gevolg deur Freddie Welmans met 10 en Gerrit Nel met 9.
Grimsell het ’n spog-twee behaal.
Starbuck se 43 punte op 18 putjies, is gevolg deur Louis Gravett met 39 en Du Preez met 38.
Johan van Niekerk het 36 aangeteken, terwyl sowel Joré Nortjé as JC Schambriel 35 op die telkaart ingevul het.
Stephen Nortjé en Damian Brink het albei 34 behaal, terwyl Wessel van der Merwe en Kobie Coetzee albei 33 aangeteken het.
Van Niekerk, Schambriel en Coetzee het elk ’n spog-twee behaal.











