Tennisspelers vanoor Mpumalanga meet kragte op Secunda
Klubbestuur bedank Sasol vir goeie toestand van tennisbane.
Tennisspelers het op Saterdag, 29 Oktober by die Sasol Ontspanningsklub kragte gemeet in die Top Guns Tennistoernooi wat deur Growthpoint geborg is.
Spanne van Nelspruit, Dullstroom, Middelburg, Witbank en Secunda het meegeding vir die plek vir die beste span in Mpumalanga.
Nelspruit het die A- en B-afdelings gewen.
Middelburg Country Club het tweede geëindig in die A-afdeling en Secunda derde, terwyl Secunda tweede in die B-afdeling geëindig het en Middelburg Country Club derde.
Onder die mansspanne, was dit Witbank wat met die eerste plek weggestap het, terwyl Secunda tweede en derde geëindig het.
Die wenspanne speel volgende jaar by Sun City teen agt ander provinsiale wenspanne om die beste span in Suid-Afrika aan te wys.
Daar was ’n totaal van 52 spelers wat aan dié tennistoernooi deelgeneem het en die Sasol Tennisklub se sekretaresse, Esmé Visser, het Sasol bedank dat hulle die tennisbane in so mooi toestand hou en gesê die ander spanne was beïndruk met die bane.
Belangstellendes wat by Sasol Tennisklub wil aansluit, kan ’n epos stuur na secunda.tennis@gmail.com.
ALSO READ: AfriForum se Mpumalanga-buurwagte hou massapatrollie
ALSO READ: 100-day countdown to ICC Women’s T20 World Cup begins



