Local newsLocal sportNews

Atlete neem aan Maximed 10km op Standerton deel

Katleho Moloi was die manswenner en het die afstand in ’n tyd van 33:01 voltooi, terwyl Chrizelle Roberts eerste in die vroue-afdeling was in ’n tyd van 41:14.

Die Maximed 10km het op Saterdag 12 November plaasgevind.

Atlete het by Hoërskool Standerton se veld opgeëindig en is gemaan dat hulle versigtig oor die modderpoele moet wees.

Kasselman Veiligheidsdienste en Lekwa Clean Up Crew was op hulle pos en het bystand verleen.

Katleho Moloi was die manswenner en het die afstand in ’n tyd van 33:01 voltooi, terwyl Chrizelle Roberts eerste in die vroue-afdeling was in ’n tyd van 41:14.

In die mansafdeling het Katleho Khanye die tweede plek behaal met ’n tyd van 33:12, gevolg deur Musawenkosi Mnisi in 33:52.

Hannes Prinsloo het by die veterane 40 jaar+ geseëvier in 56:51, gevolg deur Niel Parks in 1:00:10.

Greg Scorer was onoorwonne by veterane 50 jaar + in 1:07:06, terwyl Paul Grobler by veterane 60 jaar+ met 53:20 geëindig het.

Mnisi het ook die juniorafdeling gewen, gevolg deur Sifisethu Twala in 35:55.

Sharona Klein het die tweede plek in die vroue-afdeling behaal en die afstand in 43:31 voltooi, gevolg deur Sibongile Hlope in 52:20.

Makhosozana Nkala het by veterane 40 jaar + in 57:00 klaargemaak, gevolg deur Mariëtte Parks in 1:11:45.

Klein het ook die juniorafdeling gewen.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button