Local newsLocal sportNewsSchools

Hoëveld se 0/10-tennisspan wen interdistrikte-toernooi

Gemengde dubbel-wedstryde is afgestel weens die reën.

Die 0/10 Hoëveld Tennisspan het op Saterdag, 12 November die interdistrike tennistoernooi wat op Middelburg plaasgevind het, gewen.

Hoëveld het 121 punte behaal terwyl die Laeveld tweede geëindig het met 90 punte en Wes-Mpumalanga derde met 59 punte.

Die 0/10 Hoëveld-span, se spanbestuurder is die tennisafrigter, Annamarie Meyer en haar spanne het in die 20 jaar dat hulle aan die interdistrikte tennistoernooi deelneem, al 17 keer die trofee ingepalm.

Die span bestaan jaarliks uit ses seuns en ses dogters en hulle neem in enkels, dubbels en gemengde dubbel-afdelings deel.

Weens die reën kon die gemengde dubbel-afdeling-wedstryde nie plaasvind nie.



LEES OOK: Netball weekend in Cullinan unites enthusiasts

LEES OOK: Langasem-local-is-lekker byeenkoms by Loffies gehou

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button