Local newsLocal sportNews

Standerton Trapklub neem in Goudstad aan wedren deel

Altesaam 15 000 fietsryers het die speke laat sing.

Sommige van Standerton Trapklub se lede het op 20 November aan die Virgin Active 947 Ride Joburg-wedren deelgeneem.

Altesaam 15 000 fietsryers het die speke laat sing.

Deelnemers kon twee roets volg, die 97km en 35km wat deur die strate van Johannesburg loop.

Volgens inligting, is die paaie vir ryers gesluit.

In die 97km het Marius van Wyk die afstand in 2:47 voltooi, Nadia Stückler in 2:54, Lerina Hepburn in 3:30.

Brendan Archer in 3:57, Nitin Daya in 4:10 en Jan Lombard (20ste wedren) in 4:15.

In die 35km het Theo Viljoen die afstand in 1:15 op ’n ebike voltooi, Caren Viljoen in 1:15, ook op ’n ebike, Neil Havenaar in 1:19, Monica Swart in 1:29 en Pieter Swart in 1:43.



LEES OOK: Sussies van Cullinan ken hul danspassies

LEES OOK: Cullinan Spar is best store in North Rand

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button