Local newsLocal sportNews

Skuts van Edelvalk-tak volstoom aan die gang

Die Swartwildebeestespan het met 2 660.53 geëindig, die Blesbokke met 2 480.41, die Ribbokke met 2 120.28 en die Oos Gemeente met 1 560.13.

Die Edelvalk-tak van die Suid-Afrikaanse Jagters- en Wildbewaringsvereniging het die jaar met twee kompetisies afgeskop naamlik ’n takskiet- en presidentskietbyeenkoms wat albei by die Evert Genis-skietbaan aangebied is.

Jako Steenkamp het met 690.14 punte skoonskip by die presidentskietbyeenkoms gemaak, gevolg deur Jaco Booysen met 680.14.

Christo Bailey het 670.15 punte aangeteken, terwyl Xander Bailey 670.12 en Neil Gräbe 660.12 behaal het.

Stoffel Bester het 640.12 behaal, Carla Lues het op 620.14 te staan gekom, terwyl Jacques Dalhouzie 610.08 aangeteken het.

Corrie Visagie het 550.06 behaal, gevolg deur Evert Genis met 530.07 en JC Schoeman met 520.07.

By die juniors is Xander se puntetelling geregistreer, asook Corrie s’n, terwyl Molleneux Brits 490.06 aangeteken het en Booysen 460.04.


READ MORE: Pretoriusse van Standerton werk, kuier en lag saam


By die vroue het Helen Ellis agter Lues ingeskuif met 490.04.

Die Swartwildebeestespan het met 2 660.53 geëindig, die Blesbokke met 2 480.41, die Ribbokke met 2 120.28 en die Oos Gemeente met 1 560.13.

Tydens die vorige naweek se takskietbyeenkoms is na verskeie tabelle aangelê.

Bester het by die blouwildebeestabel van die mansafdeling op 270.05 te staan gekom, gevolg deur Booysen wat ook 270.05 behaal het.

Corrie Visagie het 270.03 aangeteken, Christo Bailey 260.06, Xander Bailey 250.08 en Steenkamp 250.06.

In die vroue-afdeling het Lues 220.04 aangeteken, gevolg deur Ellis met 220.03 en Karina Visagie met 200.01.


READ MORE: ‘Bear with us’ asks Lekwa mayor about service delivery problems


Laurenza Visagie het met 160.01 geëindig en Jeanine van Aarde met 150.00. In die juniorafdeling is Corrie en Xander se tellings geregistreer, terwyl Janko de Klerk 90.00 behaal het.

Bester het ook by die springboktabel in die mansafdeling geseëvier met 270.09, gevolg deur Genis en Johnny Badenhorst, albei met 260.04.

Steenkamp en Corrie Visagie het albei 260.03 behaal en Booysen 240.04. In die vroue-afdeling het Ellis met 200.00 geëindig, Karina Visagie met 180.01 en Lues met 170.01.

Laurenza Visagie het 80.02 aangeteken en Van Aarde 70.00

In die juniorafdeling is Corrie en Xander se tellings geregistreer, met Montie Viljoen wat 120.00 behaal het.

Steenkamp was voorts onoorwonne by handwapen-jag en het met 190.02 geëindig, Booysen het 130.02 behaal en Schoeman 30.00.




Follow Us: Ridge Times: Standerton: Streeknuus

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button