Standerton Trapklub presteer by provinsiale kampioenskap
Die Mpumalanga Festival het op 21 Januarie op Badplaas plaasgevind waar Marius van Wyk en Brendan Archer ook saam met haar die klub verteenwoordig het.
Nadia Stückler van Standerton Trapklub is vir die Mpumalanga-span gekies wat van 8 tot 12 Februarie op Oudtshoorn aan die Suid-Afrikaanse Kampioenskap gaan deelneem.
Stückler sal in die 102km en 15km tydtoets meeding.
Die ‘Mpumalanga Festival’ het op 21 Januarie op Badplaas plaasgevind waar Marius van Wyk en Brendan Archer ook saam met haar die klub verteenwoordig het.
Van Wyk het ’n silwer medalje in beide die 80km en 20km tydtoetse ontvang, terwyl Stückler ’n goue medalje in die 80km as 15km tydtoetse ontvang het.
Archer het einde verlede jaar aan dié ultra-triathlon se half-ysterman deelgeneem. Hy het 1.9km geswem, 90km op sy fiets gery en 21km gedraf in ’n tyd van 07:37.
LEES OOK: Educator from eMbalenhle faces assault charge




