Local newsLocal sportNews

Edelvalkers lê sekuur aan by takskietkompetisie

Carel Bester (jnr.) was eerste in die haelgeweerafdeling met 12.00.

Die Edelvalk-tak van die Suid-Afrikaanse Jagters- en Wildbewaringsvereniging het op Saterdag 11 Februarie ’n takskietkompetisie by die Evert Genis-skietbaan aangebied.

Stoffel Bester en Jacques Dalhouzie het by die swartwildbeestabel eerste met 43.02 geëindig, gevolg Drian Podges met 42.03, Jako Steenkamp met 41.02.

Iwan Lues met 37.02, Johan Geldenhuys met 35.02 en Carel Bester (jnr.) met 34.02.

Drian Podges was onoorwonne by pistoolskiet met ’n telling van 166.01, gevolg deur Bennie van den Heever (Tuinroete) met 163.00, Michael Podges met 160.00, Stoffel Bester met 157.00, Geldenhuys met 156.00, Dalhouzie met 152.01 en Wessels Vosloo met 152.00.


LEES OOK: Nuwe gelukbringer vir Laerskool Rayton


Stoffel Bester en Iwan Lues het by die vlakvarktabel geseëvier met 44.03, gevolg deur Simon Riekert met 43.01, Geldenhuys met 41.04, Van den Heever met 41.01, JA Schoeman met 38.02 en Thinus Bosse met 38.02.

Carel Bester (jnr.) was eerste in die haelgeweerafdeling met 12.00, gevolg deur Steenkamp met 9.00, Geldenhuys met 9.00, Lues met 8.00, Stoffel Bester met 8.00, John Green met 6.00, Schoeman met 6.00, Christiaan Diedericks met 5.00, Van den Heever met 4.00 en Vosloo met 1.00.

In die juniorafdeling by die Vlakvarktabel het Jurriaan Booysen ’n telling van 34.02 behaal, gevolg deur Carel Bester met 29.02 en Marnus Booysen met 20.01.

Carel Bester het in die juniorafdeling by die swartwildebeestabel eerste geëindig met 34.02, gevolg deur Jurriaan Booysen met 27.01 en Marnus Booysen met 10.00.




Follow Us: Ridge Times: Standerton: Streeknuus

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button