Local newsLocal sportNews

Jannie Nichols van Standerton gaan van krag tot krag

Nichols het ’n goeie dag op die baan gehad en ’n netto van 70 in die A-afdeling aangeteken.

Die maandelikse beker het op Saterdag 1 April by die Standerton Buiteklub plaasgevind, met Jannie Nichols, klubkampioen, wat stof in die oë van sy medespelers geskop het.

Nichols het ’n goeie dag op die baan gehad en ’n netto van 70 in die A-afdeling aangeteken.

RJ Kinnear en Joré Nortjé het albei 71 op die telkaart ingevul, terwyl Kobie Coetzee 73 en Leon Myburg 74 op die telkaart ingevul het.

Gerrit Coetzee het op 75 te staan gekom, gevolg deur Ronald Kinnear met 76 en Casper Roux met 78.


Jannie Nichols aan’t oefen by die klubkampioenskap.

Nichols, RJ Kinnear, Kobie Coetzee en Ronald Kinnear het elk ’n spog-twee behaal.

Wikus du Preez was onoorwonne in die B-afdeling met sy netto van 61, gevolg deur Deon Grimsell met 71 en Willie Griesel met 72.

Patrizia Lombard het 73 aangeteken, Gerrie (besoeker) en Tertius Brits albei 75, terwyl Aldo Arnaldi met 76 geëindig het.

Jacques Erasmus het op 77 te staan gekom, gevolg deur Mark Nortjé se 78, Rikus White se 84 en Johardt Swanepoel se 86.


Jannnie Nichols is weer Standerton Buiteklub se kampioen


Brits het in dié afdeling ’n spog-twee behaal.

Jaco Kruger het met sy 39 punte die C-afdeling gewen, terwyl Christo Jonker en Phillip du Preez albei met 36 geëindig het.

Herman Mynhardt het 35 aangeteken, gevolg deur Donnie Taljaardt met 33 en Francois Cronjé met 31.

Wessel van der Merwe het 30 op die telkaart ingevul, terwyl Nick Momberg en Hennie Swanepoel albei met 28 geëindig het.


Gerhard Saayman, RJ Kinnear, Ronald Kinnear en Wessel van der Merwe by die buiteklub op Saterdag 1 April.

Riaan Starbuck se 21 punte op Woensdag 29 Maart het hom laat seëvier oor nege putjies in die IPS-kragmeting.

Willie Griesel het 17 aangeteken, gevolg deur Neville Ritchie met 15.

Sowel Grimsell as Gerrit Nel het met 14 geëindig, terwyl Nick Momberg en Clifford van Vuren albei 13 op die telkaart ingevul het.

Johan Griesel het op 11 te staan gekom en Louis Bibbey op 9.


Standerton Buiteklub se aansig verraai nie die strawwe mededinging tussen gholfspelers nie.

Wessel van der Merwe was onoorwonne oor 18 putjies met sy 41, gevolg deur Gerhard Brits met 38 en Ronald Kinnear met 37.

Sowel Attie Mouton as Gert du Preez het 36 aangeteken, terwyl Kobie Coetzee met 35 geëindig het.

Nico Lombard het 34 op die telkaart ingevul, gevolg deur Joré Nortjé met 33. Louis Gravett het 32 aangeteken en Herman Mynhardt 31.

Brits, Kinnear, Du Preez en Lombard het elk ’n spog-twee behaal.

Die Spring Chickens van Morgenzon het hul ligawedstryde met vyf uit die ses beklink en hul poel gewen.

Die halfeindstryd vir die Hoëveld-beker vind op 22 April plaas, waarna die wenner teen die Laeveld sal speel om die Mpumalanga-wenner te bepaal.



Follow Us: Ridge Times: Standerton: Streeknuus

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button