Local newsNewsStreeknuus

Delmas se Ons Winkel vier vrolike eerste verjaarsdag

Fourie het ook ’n beroep op inwoners van Delmas en omgewing gemaak om aan te hou skenk, want op dié manier kan goeie gebruikte items aan die publiek beskikbaar gestel word en maatskaplike hulp verbreed word.

Op die koue wintersoggend van 1 Julie, met die reuk van braaiwors, koffie, spookasem en vrolike musiek in die lug, het die deure van Ons Winkel vir hul eerste verjaarsdag geopen.

Personeel, kliënte en gaste het deur die loop van die oggend kom oë wys en saam gesmul aan die verjaarsdagkoek.

Delmas se Ons Winkel maak deel uit van verskeie ander dié sulkes deur die land. Dit is die skenkinkingswinkels vir Solidariteit Helpende Hand.


Arlene Smit, werknemer van Ons Winkel op Delmas, in vrolike luim.

By die Ons Winkels landswyd kan die publiek skenkings van tweedehandse goedere wat meubels, kombuisware, linne, klere en enige iets wat in onbruik staan, maak.

Die goedere word dan weer teen bekostigbare pryse aan die publiek verkoop.

In die proses word volhoubare besighede, as deel van Solidariteit Helpende Hand se maatskaplike ontwikkelingsdoelwit, gestig.


Groot feestelikheid onder personeel tydens Ons Winkel op Delmas se eerste verjaarsdag.

Uit die wins van die verkope, bied Helpende Hand maatskaplike hulp in die gemeenskap, werkgeleenthede en studiefondse aan studente wat wil gaan studeer, maar dit nie kan bekostig nie.

Jou gebrukte item is dus nie net ’n item nie, dit is ’n toekoms.

Vir die eienaar van Ons Winkel op Delmas, Johan Fourie, was die winkel se eerste verjaarsdag ’n baie spesiale geleentheid.


Elsabé van Zyl sorg vir die soettand met spookasem tydens Ons Winkel se eerste verjaarsdag.

“Ek bedank elkeen wat ons oor die afgelope jaar geseën het met skenkings, maar ook ons kliënte wat ons gereeld ondersteun. Sonder elkeen van julle sou hierdie eerste verjaarsdag nie moontlik gewees het nie.”

Fourie het ook ’n beroep op inwoners van Delmas en omgewing gemaak om aan te hou skenk, want op dié manier kan goeie gebruikte items aan die publiek beskikbaar gestel word en maatskaplike hulp verbreed word.

As die vervoer van skenkings na Ons Winkel’n probleem is, skakel of WhatsApp vir Fourie by 082 062 3310, of stuur ’n e-pos na delmas@ons winkel.co.za.


LEES OOK: Teksa Blommeklub op Secunda leer van collage

LEES OOK: VLU Van Riebeeck-tak leer meer oor Bronkhorstspruit




Follow Us: Ridge Times: Standerton: Streeknuus

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button