Dellies se landsdienslede presteer
Hoërskool Delmas se Landsdiensklub het altesaam 13 lede is vir die nasionale kamp gekeur.
Laerskole asook hoërskole het gedurende die Julie skoolvakansie die Mpumalanga Landsdiens provinsiale kamp bygewoon.
Die kampe was by die Nkabeni Lodge in die Kruger Nasionale Park aangebied. Die laerskole kamp was vanaf 23 tot 26 Junie gehou en het bestaan uit 288 leerders en 66 volwassenes.
By die hoërskole kamp, vanaf 27 Junie tot 2 Julie, was 288 leerders en 55 volwassenes, wat 16 leerders van Hoërskool Delmas Landsdiensklub ingesluit het.
Dellies se leerders was deur die klubleier, Heleen Human, Elna Budgen, Heleen Human (junior), Chenel Senekal en Peter Mnguni vergesel.

Volgens Human het die lede aan verskeie aktiwiteite deelgeneem en was hulle daarvolgens gevalueer.
Na afloop van die kamp was die groep wat Mpumalanga in Desember tydens die nasionale kamp sal verteenwoordig, aangekondig.
Hoërskool Delmas se Landsdiensklub het 13 lede wat vir die nasionale kamp gekeur is. Hulle is Heinrich Wiese, Demitri Botes, Stefan Budgen, Marcus Erasmus, Rico van der Berg, Louis Rossouw, Petrus Hong, Kyle Hamlyn, Alicia van der Walt, Lezandi Botes, Anke Wiese, Luané McGregor en Calli Hong.
Heinrich Wiese was as onderleier in die grade 10 tot 12-groep aangewys.
LEES OOK: Kolletjiekuns, woudpapegaaie en bome op agenda tydens VLU vergadering op Delmas
“Dit is’n uitmuntende prestasie waarop ons as gemeenskap baie trots is,” het die klubleier, Heleen Human laat hoor. Ons is verder ook trots op elkeen van die Landsdiensgroep wat die kamp bygewoon het.”
Tydens die nasionale kamp kom verteenwoordigers van die verskeie provinsies bymekaar vir die kans waarna elke Landsdiener uitsien. Die nasionale kamp van 2023 word deur Mpumalanga aangebied.
“Tydens die geleentheid beoog ons om te spog met ons mooi provinsie,” het Human bygevoeg.
As jy meer oor Landsdiens te wete wil kom of as moontlike as borg betrokke wil raak, kontak Heleen Human by 083 288 8138.



