Local newsLocal sportNews

Gholfspelers sê mekaar die stryd aan by Standerton Buiteklub

Patrizia Lombard was onoorwonne oor 18 putjies met 39, terwyl Wessel van der Merwe 38 aangeteken het.

Gerrit Nel het op 23 Augustus die voortou oor nege putjies by die Standerton Buiteklub geneem en met 20 punte geëindig.

Aldo Arnaldi het 19 in dié IPS-kompetisie aangeteken, gevolg deur Donnie Taljaard met 18 en Neville Ritchie met 17.

Nick Momberg, Freddie Welmans en Bernard Swart het op 15 te staan gekom, terwyl Lourens van der Sandt 14 en Vivian Seager 10 aangeteken het.

Patrizia Lombard was onoorwonne oor 18 putjies met 39, terwyl Wessel van der Merwe 38 aangeteken het.


Joré Nortjé was op 19 Augustus naaste aan die pen op 8 en 17. Hier is hy saam met die klubbestuurder, Vivian Seager.

Joré Nortjé het 37 op die telkaart ingevul, terwyl Ronald Kinnear, Attie Mouton en Gerrit Coetzee elk met 36 geëindig het.

Gert du Preez het op 34 te staan gekom, gevolg deur Leon Myburgh se 33. Sowel Nico Lombard as Stephen Nortjé het 32 op die telkaart ingevul. Lombard (2) en Kinnear het ’n spog-twee behaal.

Francois Cronjé het op 19 Augustus geseëvier met 37 punte, gevolg deur Joré Nortjé, Hennie Swanepoel en Nico Lombard wat ook met 37 geëindig het.

Johan Griesel, Kobie Coetzee, Casper Roux en Patrizia Lombard het elk 36 aangeteken, terwyl Johan Brink 35 en Mark Nortjé 34 op die telkaart ingevul het. Griesel, Herman Mynhardt en Deon Grimsell het elk ’n spog-twee behaal.


ALSO CHECK: Celebrating Women’s Month with a warrior mother from Kinross




Follow Us: Ridge Times: Standerton: Streeknuus

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button