Hoërskool Erasmus matrieks kry slaagsyfer van 97.5%
Frikkie De Klerk (is die top-leerder en spog met sewe onderskeidings.
Die matrieks van Hoërskool Erasmus het ’n slaagsyfer van 97.5% in die 2023 matriek eindeksamen behaal.
Die matriekgroep het gesamentlik 68 onderskeidings geoes en 71% van die matrikulante het met universiteitsvrystelling geslaag.
Die top 10-presteerders vir 2023 is:
1. Frikkie De Klerk (85.30% ) met sewe onderskeidings
2. Lefa Phala ( 84.40% ) met vyf onderskeidings
3. Kgomotso Mulaudzi (82.70%) met vier onderskeidings
4. Karabo Masilela (81.40%) met vier onderskeidings
5. Yolandi Sauerman (80.40% ) met vier onderskeidings
6. Jaco Labuschagne (78.60% ) met drie onderskeidings
7. Vanya Boshoff (77.70% ) met vier onderskeidings
8. Zandrè Lotter (77.10% ) met vyf onderskeidings
9. Annè Botes (76.70%) met drie onderskeidings
10. Khanyisile Mahlangu (76.4%) met vier onderskeidings.