Local newsNews

Twee stappers begin weer vandag

Die jaarliks Ligdraer/Light Bearer-projek, het weer vanoggend by Redemptive Coffee afgeskop.

Die twee broers, Hendrik en Johan Keyser, wat die afgelope twee jaar ook gestap het om bewusmaking te doen en geld in te samel vir die projek, stap vanaf vandag (4 Maart) tot 8 Maart daagliks 30km.

Die doelwit van dié projek is om geld in te samel vir kinders met gebrekke en kinders met gesondheidsprobleme.

Die opbrengs van vanjaar se staptog sal aan die Kristopher Ryan-sentrum op Secunda en die House of Hope op eMbalenhle geskenk word.

Kristopher Ryan-sentrum bied daagliks vir 34 gestremde jong mense aktiwiteite aan asook twee maaltye. Dié sentrum benodig drigend ’n 5 000 liter watertank en pomp om volhoubare en voortdurende watertoevoer te verseker.

House of Hope voorsien blyplek aan ses verwaarloosde, gestremde kinders. Die stigter van House of Hope benodig tans hulp en raad om die nodige doelwitte te bereik om geld van die staat te kry.

Hulle benodig ook hokke vir gasbottels, iemand om ’n toilet in te sit, ’n hek om sekuriteit te verbeter en ’n sisteem om te help as dit beurtkrag is.

Liné de Vries, organiseerder van die Ligdraer/Light Bearer-projek, het gesê afgesien van dié twee organisasies, is daar ook drie ander kinders wat drigend hulp nodig het.

’n Twee-jarige seun wat verlam is in sy onderlyf en by ’n uroloog moet uitkom. Hy het ook trollies of stootkarretjie nodig en doeke.

’n Nege-jarige seun wat ook dringend by ’n uroloog en sielkundige moet uitkom sodat daar vasgestel kan word watter skool die beste vir hom sal wees en die derde kind is ’n 16-jarige dogter wat met kanker gediagnoseer is en tans chemo-behandeling ondergaan.

Haar gesin kan nie die finansiële uitgawes wat met die behandeling gepaard gaan, dek nie. De Vries het alle ondernemings of mense in hul persoonlike hoedanigheid, genooi om dié projek te ondersteun deur betrokke te raak.

“Die gemeenskap se ondersteuning sal nie net ’n verskil in die lewens van dié kinders maak nie, dit sal ook hul toewyding tot sosiale verantwoordelikheid en die welvaart van die gemeenskap wys,” het De Vries gesê.

Belangstellendes kan De Vries skakel by 082 786 0134 of ’n e-pos stuur na linedv45@gmail.com waarna sy die ondernemings sal besoek en fotos neem wat op Facebook geplaas gaan word.

Belangstellendes kan ook ’n entjie saam met die Keyser-broers stap. Leerders van Highveld Park High School gaan môre hul deel vir die gemeenskap doen en ’n kort entjie saamstap.



LEES OOK: Twee gesteelde voertuie op Delmas teruggevind

LEES OOK: Hyacinth is rapidly spreading in the Bronkhorstspruit River and Bronkhorstpruit Dam

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Themba Vukeya

Experienced journalist and news editor skilled in creating compelling digital content. Expertise includes breaking news, feature writing, and engaging storytelling across diverse stories.

Related Articles

Back to top button