CrimeLocal newsStreeknuus

Twee gesteelde voertuie op Delmas teruggevind

Hartley het verder genoem dat die Toyota Hilux-bakkie tydens ’n huisroof in Brooklyn gebuit was en dat ’n swanger vrou na alle waarskynlikheid vir die voetuig vermoor is.

Die middag van 26 Februarie was een van sukses op Delmas. Twee gesteelde voertuie is binne enkele minute nadat die opsporingseine op Delmas opgedateer het, teruggevind.

Volgens Kaptein Carla Hartley, mediawoordvoerder vir die Delmas polisie, het die SAPD omstreeks 14:00 inligting ontvang van ’n gekaapte voertuig waarvan die satellietsein in die Delmas-omgewing opgetel is.

Binne 10 minute het daar, volgens Hartley, ’n berig deurgekom van ’n tweede gesteelde voertuig. Beide voertuie se opsporingseine was baie na aan mekaar opgedateer.


Die gesteelde Toyota Fortuner wat in Delmas teruggevind is.

Die een voertuig, ’n Toyota Fortuner, het egter intussen begin beweeg. Lede van die polisie was ontplooi en in samewerking met ’n satelietopsoringsmaatskappy en lede van AfriForum se Valke Buurtwag het hulle vinnig in aksie gespring.

Die Toyota Fortuner is by die Sasol vulstasie in Sarel Cillierstraat teruggevind, maar die verdagte het per voet gevlug.

Die SAPD en buurtwaglede kon nie daarin slaag om die persoon vas te trek nie. Die opsporingsein het die polisie en ander lede na ’n perseel in Botleng op Delmas gelei.


Die gesteelde Toyota Hilux bakkie waar dit in Botleng, Delmas, versteek is.

Ook in dié geval is die Toyota Hilux-bakkie in Botleng teruggevind, maar die verdagte het glo ook van die toneel weggehardloop.

“Hy (die verdagte) is egter aan die polisie bekend,” het Hartley gesê.

Hartley het Streeknuus meegedeel dat die Fortuner in Kameeldrift as gesteel aangemeld is.

Hartley het verder genoem dat die Toyota Hilux-bakkie tydens ’n huisroof in Brooklyn gebuit was en dat ’n swanger vrou en haar ongebore kind na alle waarskynlikheid vir die voetuig vermoor is. Teen druktyd was daar nog geen inghegtenisnames gemaak nie.




LEES OOK: Twee mans van Secunda vas vir bedrog met sonpanele

LEES OOK: Victim’s mom testifies at alleged serial killer’s trial in Secunda Regional Court

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button