Local newsLocal sportNews

Atlete hou reünie en geniet skaapbraai op Secunda

Vroue-wenner van die Comrades in 1992 is eregas.

Die ‘Golden Oldies’ hardlopers reünie het op 24 Februarie op Secunda plaasgevind. Sowat 50 atlete het die verrigtinge die oggend bygewoon en sowat 100 die aand.

Die doel van dié reünie was om atlete wat vanaf 1978 tot 2000 lede was van die Secunda, Sasol, Trichadt, Kriel, Evander of Bethal marathonklubs bymekaar te kry.

Die atlete het die dag begin met ’n parkrun en daarna ’n ontbyt geniet by die nuwe klubhuis by Lake Umuzi.

Die aand het afgeskop met ’n skaapbraai en die eregas vir die aand was Frances van Blerk wat in 1992 die Comrades Marathon gewen het.

Daar was ’n platejoggie en atlete kon in herinneringe deel toe foto’s en videos op ’n groot skerm gewys is.

Ria van Schalkwyk, die organiseerder, het gesê die reünie was ’n groot sukses en sy het al die borge vir die dag bedank.




LEES OOK: Writer from Leandra publishes first book

LEES OOK: Voorsitter van TLU SA Sentraalstreek sê boerdery is ’n uitdaging

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button