Local newsNewsSchools

Laerskool Kruinpark se atlete presteer goed by Mussa’s

Skoolbestuur wens atlete wat presteer geluk.

Atlete van Laerskool Kruinpark het op 16 Maart aan die Mpumalanga Atletiekkampioenskappe by Secunda Stadion deelgeneem en plekke behaal.

Dié atlete is Jani Nel wat die hoogspring vir dogters o12 gewen het. Sy het ook die rekord verbeter van 1.50m na 1.56m en sy het derde geëindig in die 75m hekkies.

Iwan Scholtz het die gewigstoot vir seuns o12 gewen en tweede geëindig in spiesgooi terwyl Jeandre Oosthuizen tweede in gewigstoot vir seuns o11 geëindig het en Tiaan Wolfvaardt het ook tweede geëindig in 70m hekkies vir seuns o11.

Dié vier atlete kwalifiseer om vanaf 24 tot 26 Maart aan die Suid-Afrikaanse Atletiekkampioenskappe in Pietersburg deel te neem waar hulle Mpumalanga gaan verteenwoordig.

Ses van Kruinpark se ander atlete wat aan die Mpumalanga Atletiekkampioenskappe deelgeneem het, is Du-Handre Putter, Olivia du Preez, Sipho Mashego, Zak Wolvaardt, Eben Preuyt en JD Mostert.



LEES OOK: Prayer resounds through Zonderwater

LEES OOK: NPO animal shelter at Evander undergoes makeover

Related Articles

 
Back to top button