Local newsLocal sportNews

Ondersteun Sasol in stryd teen Pumas

Die Pumas sal reeds die Vrydag voor die wedstryd in Secunda aankom. Aanhangers sal die span Vrydagaand in die Secunda Mall kan ontmoet waar die spelers handtekeninge gaan uitdeel.

Plaaslike rugby liefhebbers kan uitsien na spel uit die boonste rakke wanneer Sasol Grip & Rip Rugbyklub die Pumas volgende naweek aandurf.

Dié kragmeting tussen Sasol se geharde eerste rugbyspan en die professionele span van Mpumalanga skop op 6 April om 16:30 af op die hoofveld van die Sasol Ontspanningsklub op Secunda.

Dit beteken geensins dat jy eers laatmiddag moet opdaag nie. Nog twee vuurwarm rugbywedstryde word vir dié dag beplan.

Sasol 3 draf om 12:30 teen eMbalenhle uit terwyl Sasol 2 en Bethal 2 om 14:00 mekaar gaan pak. Die hekke maak reeds om 11:00 oop; dus kan jy reeds vroeg ’n goeie parkeerplek vir jouself verseker.

Die Blue Moon kontantkroeg sal sorg dat geesdriftige kele nat bly. Eetgoed sal ook by ‘n kosstalletjie verkoop word.


ALSO CHECK: Bethal Police arrest Zimbabwean for dealing in dagga


Toegang is R20 per persoon. Die rugbyklub het ook spesiale losies, of te wel BBP uitspanruimtes langs die rugbyveld beskikbaar met twee opsies om van te kies.

Die eerste opsie sal jou R1 500 vir die dag kos en sal braaigeriewe en houtkool insluit. Die tweede opsie is die staanplek, vleis vir 10 mense, bykosse, braaigeriewe en houtskool, twee bottles drank en 4l koeldrank teen R3 500.

Sasol Rugbyklub se spelers versoek die gemeenskap om hulle te ondersteun wanneer hulle hul man teen die Pumas staan.

Die Pumas sal reeds die Vrydag voor die wedstryd in Secunda aankom. Aanhangers sal die span Vrydagaand in die Secunda Mall kan ontmoet waar die spelers handtekeninge gaan uitdeel.

Vir meer inligting en om ‘n losie te bespreek, kontak André Schwab by 083 298 6505.


ALSO CHECK: Familie van Secunda-baba word deur gebed bemoedig

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button