Local newsLocal sportNews

Standerton Buiteklub se gholfkompetisies hardloop op geoliede wiele

Ronald Kinnear het die voortou oor 18 putjies met ’n netto van 67 geneem, gevolg deur Gerrit Coetzee met 71.

Gerrit Coetzee het op 6 April by die Standerton Buiteklub se maandbekerkompetisie met verskeie toekennings weggestap.

Hy het die A-afdeling op 73 netto gewen, die hoogste gross-telling aangeteken en is boonop met die “Mug of Mugs” beloon. Rikus White het die maandbeker en die “Mug of Mugs” in die B-afdeling gewen.

Riaan Starbuck het die C-afdeling se maandbeker gewen terwyl Herman Mynhardt dié afdeling-wenner van die “Mug of Mugs” is.

Onder die vroue het Patrizia Lombard die B-afdeling se maandbeker gewen en “Mug of Mugs” in die A-afdeling.

Alanda Vieninks het die maandbeker in die C-afdeling gewen. Adri Mynhardt is die wenner die C-afdeling “Mug of Mugs.”


Deon Grimsell sink die bal.

Standerton Buiteklub het tydens die AJV hul nuwe komitee vir 2024 verkies. Die voorsitter is Stephen Nortjé, ondervoorsitter JT Eksteen, kaptein Werner Mouton, onderkaptein Ivan Baker, tesourier Elizna Griesel, sekretaresse sport Adri van der Linde en sekretaresse Adri Mynhardt.

Freddie Welmans het op 3 April oor nege putjies met ’n netto van 46 geëindig. Dié kragmeting is in medal-formaat by die Standerton Buiteklub beslis.

Ronald Kinnear het die voortou oor 18 putjies met ’n netto van 67 geneem, gevolg deur Gerrit Coetzee met 71.

Sowel Louis Gravett as Herman Mynhardt het 72 aangeteken, terwyl Joré Nortjé met 73 huiswaarts gekeer het.

Wessel van der Merwe en Nico Lombard het albei op 76 te staan gekom, terwyl Hennie Swanepoel 77 aangeteken het.


JC van Loggerenberg is op die setperk van die tweede putjie.

Gert du Preez het 79 op die telkaart ingevul en Stephen Nortjé 81. Kinnear (2), Coetzee en Lombard het elkeen’n twee behaal.

Nelis Eksteen was onoorwonne op 1 April met ’n puntetelling van 41, terwyl Aldo Arnaldi 40 aangeteken het.

Gerrit Coetzee het 38 aangeteken, gevolg deur Deon Grimsell met 37 en Herman Mynhardt met 36.

Johan Brink het met 35 geëindig, Johardt Swanepoel met 34, gevolg deur Patrizia Lombard, Nico Lombard en Carus Janse van Rensburg wat elk op 33 te staan gekom het.

Arnaldi het ‘n twee behaal. Jabbies Lotz het die voortou op 30 Maart geneem en met 39 punte geëindig, gevolg deur Leon Myburg en FJ Lotz wat albei 38 aangeteken het.


Willie Van Wyk stuur die bal oor die watergat na die eerste putjie.

Deon Grimsell, Bernardt Swart, Nico Lombard en Elta Lotz het het elk 37 op die telkaart ingevul, terwyl Francois Cronjé, Lourens van der Sandt en Arnaldi met 36 huiswaarts gekeer het.

Van der Sandt, Patrizia Lombard, Johan Brink, Rowan Brink en Wikus du Preez het elk ’n twee behaal. Lombard het met 18 punte geseëvier op 27 Maart, gevolg deur Vivian Seager met 9 en Gerhard Steynberg met 6.

Wessel van der Merwe het die voortou oor 18 putjies geneem en 35 aangeteken. Joahn Brits het met 32 geëindig, terwyl Stephen Nortjé en Attie Mouton albei 29 op die telkaart ingevul het.

Mark Nortjé het 28 aangeteken, Gert du Preez 24, Jacques Scholtz 11 en Lourens Swart 10. Van der Merwe het ’n twee behaal.

Gerrie Saayman was onoorwonne op 22 Maart tydens ’n Sundowner kompetisie met 20 punte.
Van der Merwe het met 18 geëindig.

Dié IPS kompetisie is oor nege putjies beslis.


Related Articles

 
Back to top button