Local newsLocal sportNews

Hengelaars ding mee naby Trichardt

JP Janse van Rensburg en Johan Potgieter trek grootste visse uit.

Die Koinonia Christelike Kerk het onlangs ’n hengelkompetisie by ’n plaasdam buite Trichardt aangebied en JP Janse van Rensburg het die swaarste baber gevang wat 7.95kg geweeg het.

Johan Potgieter het die swaarste karp gevang wat 2.90kg geweeg het en hy het ook pryse gewen vir die drie inweegtye.

Elke kind wat deelgeneem het, het ook ’n prys gewen.

Die Koinonia Christelike Kerk bied tans ’n lootjiekompetisie aan waartydens deelnemers ’n biltongruiker ter waarde van R1 000 kan wen of ’n koopbewys by ’n restaurant op Trichardt.

Volg dié kerk se Facebook-blad vir meer inligting oor die kompetisie.




ALSO READ: 60 hengelaars vang 69 vis by Grootdraaidam

ALSO READ: Hengelaars weeg babers en karpe in by Grootdraaidam

Related Articles

 
Back to top button