Tref-en-trap-saak op Standerton uitgestel
Die saak van Mario Iyapian en Zodwa Patricia Molebatsi is na 26 Junie uitgestel waarna oorplasing na die streekhof sal geskied.
Die saak van Mario Iyapian en Zodwa Patricia Molebatsi is na 26 Junie uitgestel waarna oorplasing na die streekhof sal geskied.
Volgens Mario se pa, Rinus Fourie, word op die patologiese verslag, sowel as foto albums, gewag. Die laaste hofverskyning was op 6 Mei, hangende die uitslag van die nadoodse ondersoeke.
Familielede van die ontslapenes het op 26 Maart voor die Standerton Landdroshof met plakkate gestaan om aan te dring op geregtigheid.
Clement Skhosana, ’n amptenaar van die Lekwa Munisipaliteit, het dié dag in die hof verskyn in verband met ’n tref-en-trap-ongeluk op 4 Februarie waarin Iyapian en Molebatsi dood is.
Volgens Fourie het die ongeluk omstreeks 01:00 in Walter Sisulurylaan gebeur terwyl die twee op pad huis toe was.
Iyapian was 18 jaar oud. Molebatsi (34) was ’n ma van vier kinders. Skhosana het na bewering van die toneel weggejaag en sy nommerplaat het op die grond geval.
Hy staan tereg op aanklagte van strafbare manslag en roeklose en nalatige bestuur. Skhosana is op borgtog van R1 500 vrygelaat.



