Local newsNews

Swak instandhouding van stoptekens veroorsaak talle ongelukke op Standerton

Stopbordjies word gesteel, omgery en gevandaliseer en pogings om die tekens te vervang, word nie gereeldelik aangewend nie

Die toestand van stoptekens en pad aanwysings in Standerton het die afgelope drie weke talle ongelukke veroorsaak.

In een geval het Zander Zwart op pad na ’n vriend se huis in die Meyerville gebied, ’n stop gemis. ’n Ander voertuig het van die kant af die voertuig getref.

Geen passasiers was beseer nie, maar Zwart se motor was afgeskryf. Daar was geen tekens op die straat nie, asook geen verf om aan te dui dat daar werklik ’n stop is nie.

“Ek het gedink dat dit ’n gewone vier-rigting stop is,” het Zwart erken.

Stopbordjies word gesteel, omgery en gevandaliseer en pogings om die tekens te vervang, word nie gereeldelik aangewend nie.

Die gebrek aan geverfde stop aanwysings op die pad vererger die situasie.

Standerton Advertiser het die Lekwa Munisipaliteit om kommentaar genader, maar teen druktyd was nog geen kommentaar ontvang nie.


Related Articles

Back to top button