Local newsMunicipalNews

Water beskadig erwe op Standerton

Volgens dié inwoner, syfer massas skoon water deur haar erf.

’n Waterlek in Beyers Naudéstraat veroorsaak groot kopsere vir inwoner, Bea van der Merwe en haar gesin.

Van der Merwe verduidelik sedert die laaste reën wat om en by op 8 April geval het, het die water nog nie ophou deur haar erf loop nie.

“Dit raak te erg. Modderwater peul deur die plaveisel,” het Van der Merwe verduidelik.

Volgens dié inwoner, syfer massas skoon water deur haar erf. Die erge waterskade aan die Van der Merwes se huis is deur dié lek veroorsaak..

“Die teëls is gekraak en die houtdeure is só geswel vanweë waterskade, dat hul nie meer toemaak nie,” het Van der Merwe gesê.

Die waterlek se oorsprong is glo op ’n aangrense, leë erf in Charl Cilliersstraat.

Dit was eers vermoed dat ’n dreinblokkasie die waterlek veroorsaak, maar munisipale werkers se besoek aan die erf het onthul dat skoon water uitgestoot word.

Die munisipaliteit het die erf reeds op 24 April besoek.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button