Local newsNews

VLU-vroue leer van kleure en geursels

Rolkem het ook ’n kompetisie met die tema ‘Sprokieskoek’ vir die VLU Mpumalanga van stapel gestuur.

Die Vrouelandbou-unie se Tambuki- en Hoëveldstreek het op 22 Mei ’n Rolkem Roadshow aangebied.

Sowat 70 vroue het die geleentheid bygewoon, waar verskeie demonstrasies deur Andries Kemp van Rolkem gedoen is.

Volgens Susan van Wyk, die voorsitter van die Robyntak, kan Rolkem se kleursels en geursels vir bykans enigiets vanaf koek, verf, oogskadu tot naelprodukte gebruik word.

Die vroue het heerlik saam gekuier en hul notaboeke omtrent vol van Kemp se wenke geskryf.

Rolkem het ook ’n kompetisie met die tema ‘Sprokieskoek’ vir die VLU Mpumalanga van stapel gestuur.

Die wenner sal tydens die jaarlikse kongres aangekondig word.

Die onderskeie takke se voorsitters het al die borge wat die geleentheid moontlik gemaak het, bedank.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button